40 DAE VELDTOG 2018 – SES WEKE MET JESUS

Ons verhouding met die Here staan en val rondom Jesus se opstanding.  Dit ontsluit ‘n hele wêreld rondom die persoon van Jesus.  Ons volg nie bloot ‘n waardestelsel nie, ons is in ‘n werklike lewende verhouding met díé een oor wie alles gaan.  Hy is regtig híér!!!  Ons kan met Hom praat, Hom hoor, Hom volg …

Ons gaan mekaar hierdie kwartaal help om die meeste te maak van hierdie onbeskryflik moontlikheid.  Ons gaan nie bloot oor Hom praat nie, maar saam met hom kuier, genees, rus, leer, dien …net soos die dissipels van ouds … Ons doen dit aan die hand van ‘n reeks sleutelgebeure van Jesus se bestaan saam met mense vir wie Hy ook werklik is.

 

PROGRAM

19 Augustus tot 28 September 2018

  • Week 1 Kuier
  • Week 2 Bid
  • Week 3 Genees
  • Week 4 Rus
  • Week 5 Leer
  • Week 6 Dien

RAAK DEEL VAN HIERDIE BELEWENIS!

Oorweeg dit om hierdie 6 weke saam met ‘n groep mense te reis. Skryf in daarvoor en ons sal jou indeel in ‘n kleingroep … of maak ‘n klompie mense bymekaar en doen dit saam! Ons sal al die nodige opleiding en materiaal verskaf. Die koste vir 6 Weke se Kleingroepmateriaal is R33 per boekie. Kleingroepleiershandleiding en ‘n DVD met 6 inleidings vir elke week se Kleingroep sal ook beskikbaar wees. Die Kleingroepe wat vir die 6 weke vorm is vry om daarna weer te ontbind. As jy reeds by ‘n Kleingroep inskakel hef jy nie in te skryf nie, jou Kleingroepleier sal jou naam deurgee. As jy graag wil deel, maar jy kan nie die boekie bekostig nie, sal ons reël dat jy geborg word.

SKRYF DADELIK IN

Onthou: As jy reeds deel is van een van ons Kleingroepe, is jy outomaties deel van die veldtog.

 

Laat 'n boodskap